Die Lys van Bisantynse keisers bevat die heersers van die Bisantynse Ryk van die stigting van Konstantinopel in 330 n.C. tot die ryk se verowering deur die Ottomaanse Ryk in 1453. Net die keisers wat as wettige heersers erken is en soewereine mag gehad het, is ingesluit. Valse aanspraakmakers en junior medekeisers is uitgesluit.

Die lyn keisers begin tradisioneel met die Romeinse keiser Konstantyn die Grote, die eerste Christelike keiser, wat die stad Bisantium herbou het as die keiserlike hoofstad, Konstantinopel. Tydens sy bewind het die belangrikste eienskappe van die Bisantynse Ryk begin ontwikkel: ’n Romeinse politieke bestel wat om Konstantinopel gesentreer was en oorheers is deur die Griekse ooste, met die Christendom as die staatsgodsdiens.

Al die Bisantynse keisers het hulself as Romeinse keisers beskou: die term "Bisantynse" is eers in die 16de eeu in die Weste begin gebruik.

Die titel van alle keisers voor Herakleios was amptelik "augustus", hoewel ander titels soos "dominus" ook gebruik is. Hul name is voorafgegaan deur "imperator caesar" en gevolg deur "augustus". Ná Herakleios het die algemene titel die Griekse "basileus" (βασιλεύς) geword. Ná die stigting van die mededingende Romeinse Ryk in Wes-Europa is die titel "autokrator" (αυτοκράτωρ) al hoe meer gebruik. In latere eeue is hulle soms "keiser van die Grieke" genoem deur Westerse Christene, maar hulle het hulself steeds as "Romeinse keisers" beskou. Teen die einde van die ryk se bestaan het hulle na hulself verwys as "[Keiser se naam] in Christus, Keiser en Outokraat van die Romeine".

In die Middeleeue was dinastieë algemeen, maar die beginsel van oorerflike opvolging is nooit in die ryk geformaliseer nie.p. 183, Karayannopoulous, Yanis, "State Organization, Social Structure, Economy, and Commerce," History of Hunamity – Scientific and Cultural Development from the Seventh to the Sixteenth Centuries, Vol. IV, M.A. Al-Bakhit, L. Bazin, S.M. Cissoko en M.S. Asimov, red., Unesco, Parys (2000) Dit was ’n praktyk eerder as ’n onveranderlike beginsel.Nicol, Donald MacGillivray, Last Centuries of Byzantium, 1261–1453, Cambridge University Press, 2de uitg., 1993, bl. 72

Konstantynse dinastie (306–363) NaamBewindOpmerkings80pxKonstantyn I "die Grote"(Grieks: Κωνσταντίνος Α' ο Μέγας, Latyn: Gaius Flavius Valerius Aurelius Constantinus)19 September 324 –22 Mei 337Gebore omstreeks 273/4 in Naissus as die seun van die "augustus" Constantius Chlorus en sy vrou, Helena. Het met sy pa se dood op 25 Julie 306 "augustus" van die westerse ryk geword, en in 312 alleenheerser van die westerse ryk. In 324 het hy die oosterse "augustus" Licinius verslaan en die ryk verenig. Hy was tot met sy dood die alleenheerser daarvan.80px Constantius II (Κωνστάντιος [Β'], Flavius Iulius Constantius)22 Mei 337 –5 Oktober 361Gebore op 7 Augustus 317 as die tweede oudste seun van Konstantyn I. Met sy pa se dood het hy die oostelike derde van die Romeinse Ryk geërf. Hy was alleenheerser van die Romeinse Ryk vanaf 353, met die oorwinning van die Westerse indringer Magnentius.80px Constans I (Κώνστας Α', Flavius Iulius Constans)22 Mei 337 –Januarie 350Gebore omstreeks 323 as die derde oudste seun van Konstantyn I. Hy was "caesar" sedert 333 en het die sentrale derde van die Romeinse Ryk geërf met sy pa se dood. In 348 het hy alleenheerser in die weste geword ná die dood van Constantius II.80pxJulianus "die Afvallige" (Ιουλιανός "ο Παραβάτης", Flavius Claudius Iulianus)5 Oktober 361 –28 Junie 363Gebore in Mei 332; die kleinseun van Constantius Chlorus en neef van Constantius II. Hy het keiser geword ná die dood van Constantius. Dood in ’n veldtog teen die Sassaniede.

Geen dinastie (363–364) NaamBewindOpmerkings80pxJovianus (Ιοβιανός, Flavius Claudius Iovianus)28 Junie 363 –17 Februarie 364Gebore omstreeks 332. Kaptein van die wagte onder Julianus, deur die leër verkies ná Julianus se dood. Dood op ’n terugreis na Konstantinopel.

Dinastie van Valentinianus (364–379) NaamBewindOpmerkings80pxValentinianus I (Ουαλεντιανός, Flavius Valentinianus)26 Februarie 364 –17 November 375Gebore in 321. Hy was ’n offisier onder Julianus en Jovianus en is deur die leër verkies ná laasgenoemde se dood. Hy het sy jonger broer Valens aangewys as keiser van die ooste.80pxValens (Ουάλης, Flavius Iulius Valens)28 Maart 364 –9 Augustus 378Gebore in 328. Deur sy broer Valentinianus aangewys as keiser van die ooste. Dood by die Slag van Adrianopel.80pxGratianus (Γρατιανός, Flavius Gratianus)9 Augustus 378 –19 Januarie 379Gebore op 18 April/23 Mei 359 as die seun van Valentinianus I. Hy was keiser van die weste en het ook keiser van die ooste geword ná Valens se dood. Hy het Theodosius I toe aangestel as keiser van die ooste. Op 25 Augustus 383 dood in ’n sluipmoordaanval tydens die rebellie van Magnus Maximus.

Dinastie van Theodosius (379–457) NaamBewindOpmerkings80pxTheodosius I "die Grote" (Θεοδόσιος Α' ο Μέγας, Flavius Theodosius)19 Januarie 379 –17 Januarie 395Gebore op 11 Januarie 347. Aristokraat en militêre leier, swaer van Gratianus, wat hom aangestel het as keiser van die ooste. Van 392 tot met sy dood alleenheerser van die Romeinse Ryk.80pxArcadius (Αρκάδιος, Flavius Arcadius)17 Januarie 395 –1 Mei 408Gebore in 377/378 as die oudste seun van Theodosius I en het hom ná sy dood opgevolg. Nota: In 395 is die Romeinse Ryk permanent verdeel in die Wes-Romeinse en Oos-Romeinse Ryk.80pxTheodosius II van Bisantium (Θεοδόσιος Β', Flavius Theodosius)1 Mei 408 –28 Julie 450Gebore op 10 April 401 as die enigste seun van Arcadius. Hy het sy pa ná sy dood opgevolg. Terwyl hy van 408 tot 414 minderjarig was, het Anthemius as regent regeer.80pxMarcianus (Μαρκιανός, Flavius Valerius Marcianus)450 – Januarie 457Gebore in 396. Hy was ’n soldaat en politikus en het keiser geword ná sy troue met die "augusta" Pulcheria, suster van Theodosius II, ná laasgenoemde se dood. Dood weens gangreen.

Thraciese dinastie (457–518) NaamBewindOpmerkings80pxLeo I "die Thraciër", "die Slagter" of "die Grote" (Λέων Α' ο Θράξ, ο Μακέλλης, ο Μέγας, Flavius Valerius Leo)7 Februarie 457 –18 Januarie 474Gebore omstreeks 400 as lid van die Thraciese stam Bessi. Hy was ’n offisier en is deur die hoof van die leër gekies as keiser ná Marcianus se dood. Hy was die eerste keiser wat deur die Patriarg van Konstantinopel gekroon is.80pxLeo II "die Kleine" (Λέων Β' ο Μικρός, Flavius Leo)18 Januarie –17 November 474Gebore omstreeks 467 as die seun van Leo I se dogter, Ariadne, en haar man, Zeno. Hy het eers "caesar" geword en in 473 medekeiser. Kort daarna het hy sy pa as medekeiser en regent gekroon. Kort daarna dood, moontlik vergiftig.80pxZeno (Ζήνων, Flavius Zeno) 17 November 474 –9 April 491Gebore omstreeks 425. Hy was ’n soldaat en het met die keiser se dogter, Ariadne, getrou. Sy seun het hom op 9 Februarie 474 as medekeiser en regent aangestel en Zeno het alleenheerser geword ná sy seun se dood.80pxBasiliscus (Βασιλίσκος, Flavius Basiliscus)9 Januarie 475 –Augustus 476Generaal en swaer van Leo I. Hy het Zeno se bewind oorgeneem, maar is weer deur hom verslaan. Dood in 476/477.80pxAnatasius (Αναστάσιος Α' ο Δίκορος, Flavius Anastasius)11 April 491 –9 Julie 518Gebore omstreeks 430. Hy was ’n paleisamptenaar (silentiarius) toe die keisererlike weduwee Ariadne hom as haar man kies. Sy bynaam was "Dikoros" vanweë sy heterochromie.

Justiniaanse dinastie (518–602) NaamBewindOpmerkings80pxJustinus I (Ιουστίνος Α', Flavius Iustinus)Julie 518 –1 Augustus 527Gebore omstreeks 450. Hy was ’n offisier onder Anastasius I en is deur die leër en volk verkies ná laasgenoemde se dood.80pxJustinianus I "die Grote" (Ιουστινιανός Α' ο Μέγας, Flavius Petrus Sabbatius Iustinianus)1 Augustus 527 –13/14 November 565 Gebore in 482/483. Hy was die nefie van Justinus I en het hom ná sy dood opgevolg.80pxJustinus II (Ιουστίνος Β', Flavius Iustinus Iunior)14 November 565 –5 Oktober 578Gebore omstreeks 520. Nefie van Justinianus I. Hy het die mag oorgeneem ná laasgenoemde se dood met die hulp van die leër en die senaat. Hy het kranksinnig geword en was dus in 573–574 onder die regentskap van sy vrou, Sophia, en in 574–578 onder die regentskap van Tiberius Konstantyn.80pxTiberius II Konstantyn (Τιβέριος Β', Flavius Tiberius Constantinus)5 Oktober 578 –14 Augustus 582Gebore omstreeks 535, vriend en aangenome seun van Justinus. Aangewys as "caesar" en regent in 574. Het Justinus II ná sy dood opgevolg.80pxMauricius (Μαυρίκιος, Flavius Mauricius Tiberius)14 Augustus 582 –22 November 602Gebore in 539 in Kappadosië. Hy was ’n amptenaar en later generaal. Hy het getrou met die dogter van Tiberius II en het hom ná sy dood opgevolg. Hy het sy seun, Theodosios, in 600 as medekeiser aangewys. Sy bewind is deur Phocas oorgeneem en hy is op 27 November 602 tereggestel.

Geen dinastie (602–610) NaamBewindOpmerkings80pxPhokas (Φωκάς, Flavius Phocas)23 November 602 –4 Oktober 610Ondergeskikte in die Balkanse leër; het ’n veldtog gelei waarin Maurikios se mag oorgeneem is. Hy was ’n tiran wat al hoe ongewilder geword het en is deur Herakleios afgesit en tereggestel.

Dinastie van Herakleios (610–695) NaamBewindOpmerkings80pxHerakleios (Ηράκλειος, Flavius Heraclius)5 Oktober 610 –11 Februarie 641Gebore omstreeks 575 as die oudste seun van die Eksarg van Afrika, Herakleios die Ouere. Hy het in 609 ’n veldtog teen Phokas begin en hom in Oktober 610 verslaan.80pxKonstantyn IIIamptelik Herakleios Nuwe Konstantyn (Ηράκλειος νέος Κωνσταντίνος, Heraclius Novus Constantinus)11 Februarie –24/26 Mei 641Gebore op 3 Mei 612 as die oudste seun van Herakleios by sy eerste vrou, Fabia Eudokia. In 613 is hy tot medekeiser verklaar en ná die dood van Herakleios het hy die troon saam met sy jonger broer, Heraklonas, bestyg. Dood aan tering, na bewering vergiftig deur die keiserlike weduwee Martina.80pxHeraklonas (Ηρακλωνάς, Heraclianus)amptelik Konstantyn Herakleios (Κωνσταντίνος Ηράκλειος, Constantinus Heraclius)11 Februarie 641 –September 641Gebore in 626 as die seun van Herakleios se tweede vrou, Martina, en is in 638 tot medekeiser verklaar. Hy het alleenheerser geword ná die dood van sy halfbroer en medekeiser, Konstantyn III. Hy was onder die regentskap van Martina, maar is deur die leër gedwing om Constans II as medekeiser aan te wys. Hy is in September 641 deur die senaat afgesit.80pxConstans II (Κώνστας Β', Constantus II)amptelik Konstantyn "die Bebaarde", (Κωνσταντίνος ο Πωγωνάτος)September 641 –15 September 668Gebore op 7 November 630 as die seun van Konstantyn III. Hy is in die somer van 641 vanweë druk deur die leër tot medekeiser verklaar ná sy pa se dood en het alleenheerser geword ná die gedonge abdikasie van sy oom Heraklonas. Hy is in ’n sluipmoordaanval dood.80pxKonstantyn IV "die Bebaarde" (Κωνσταντίνος Δ' ο Πωγωνάτος) 15 September 668 –September 685Gebore in 652 as die seun van Constans II, en hy het sy pa opgevolg ná dié se moord. Hy is verkeerdelik deur historici Konstantyn die Bebaarde genoem weens verwarring met sy pa. Dood aan disenterie.80px Justinianus II "met die Afgesnyde Neus" (Ιουστινιανός Β' ο Ρινότμητος)September 685 –695Gebore in 669. Hy is in 681 as medekeiser aangewys en het alleenheerser geword ná Konstantyn IV se dood. Afgesit in ’n militêre opstand in 695, vermink (vandaar sy bynaam) en verban. Hy het in 705 sy troon herower.

Twintig jaar van anargie (695–717)