Zhuhai (Chinees: 珠海) is 'n stad in die Chinese provinsie Guangdong met 'n bevolking van 1 560 229 in 2010. Die stad is in die suidooste van China naby die monding van die Parelrivier in die Suid-Chinese See geleë. Zhuhai grens in die noordweste aan Jiangmen, in die noorde aan Zhongsjan en in die suide aan Macau.
Die stad is een van China se voorste toeristebestemmings en word die "Chinese Riviera" genoem.
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China