Pretoria O Pretoria! is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1979 vrygestel is. Die rolprent is gebaseer op Mervyn Woodrow se satiriese roman, "A capital affair". Die vervaardiger was Ben Vlok en die regisseur Bertrand Retief. Die hoofrolle is deur Zack du Plessis, Cornelis Esterhuyse, Ben Kruger en Coreen Olivier vertolk.

Genre Die rolprent is 'n satiriese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir die hele gesin.

Hoofrolspelers Zack du Plessis Cornelis Esterhuyse Ben Kruger as Ben Krüger Coreen Olivier Hennie Smit Dulcie van den Bergh en andere.

Storielyn Die rolprent handel oor grondeise, maar met 'n kinkel. 'n Koppige boer van die Transvaalse platteland nader die regering in Pretoria om sy erfporsie te bevestig: 'n stuk grond êrens in die hoofstad. Sy eis word met groot ontsteltenis deur staatsamptenare ontvang wat hom telkens na hoër kantore verwys totdat hy by die sekretaris van die Minister van Landbou opeindig. Uiteindelik hoor die boer by die mooi, jong fasiliteerder wat baie op sy dogter trek dat sy land op Meintjieskop lê, waar die Uniegebou, die setel van die uitvoerende regering geleë is.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente