Ben Kruger (25 Maart 1957 – 25 Mei 2021), was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle as Okkie Ferreira in Binnelanders, Neef Gert in 7de Laan en Sakkie Bezuidenhout in SAUK2 se dramareeks Zero Tolerance.Profiel op TVSA, besoek op 5 Januarie 2013 Hy sterf op 25 Mei 2021 in die ouderdom van 64 weens Covid-19.

Biografie Kruger is op 25 Maart 1957 op Bothaville in die Oranje-Vrystaat gebore. Sy pa was 'n pastoor in die plaaslike AGS-gemeente en sy ma 'n nooi van Bloemfontein. Op tweejarige ouderdom verhuis hulle na Kaapstad en op vierjarige ouderdom na Johannesburg waar hy sy skoolopleiding by die Hoër Seunskool Helpmekaar voltooi het.

Ná skool het Kruger vir 18 maande diens in die Suid-Afrikaanse Vloot gedoen, waarna hy sy B.A. (Drama) aan die Universiteit van Pretoria verwerf het.

Filmografie Die Voortrekkers, 1973 'n Sondag in September, 1976 Pretoria o Pretoria!, 1979 Skooldae (TV-reeks), 1981-1983 Wolhaarstories, 1983 Geel Trui vir 'n Wenner, 1983 as mnr. Christo de Wet Wild Zone, 1989 as Dog Schmidt Sweet Murder, 1990 The Fourth Reich, 1990 as Oosthuizen Cry, the Beloved Country, 1995 as polisieoffisier Mandela and de Klerk (TV-fliek), 1997 as James Gregory The Gates of Cleveland Road (TV-fliek), 2000 Snake Island, 2002 as kliënt Stander, 2003 as bankwag A Case of Murder, 2004 as Bushy Poena is koning, 2007 as skoolhoof Riemvasmaak (TV-reeks), 2008 Karate Kallie, 2009 as Meneer Lessing Silent Witness (TV-reeks), 2010 as DI Pieter Lamprecht

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu