Stanley Kubrick (26 Julie 1928 – 7 Maart 1999) was ’n Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf wat die meeste van sy werk gedoen het as ’n immigrant in die Verenigde Koninkryk. Hy word beskou as een van die grootste rolprentmakers van alle tye. Sy rolprente, meestal verwerkings van romans en kortverhale, was bekend vir hul treffende en unieke kinematografie, aandag aan besonderhede en die inspirerende gebruik van musiek. Kubrick se prente het ’n verskeidenheid genres gedek, van oorlog en misdaad tot humor en wetenskapsfiksie. Hy was bekend as ’n perfeksionis wat besondere aandag aan elke toneel gegee het en nou saam met sy akteurs gewerk het.
Kubrick het sy loopbaan as fotograaf in New York begin en homself alle aspekte van rolprentvervaardiging geleer. Sy eerste prente is met ’n klein begroting gemaak, gevolg deur een Hollywood-lokettreffer, Spartacus. Die res van sy loopbaan het hy in die Verenigde Koninkryk deurgebring. Hy het van sy huis in Hertfordshire (noord van Londen) geskryf, navorsing gedoen en die produksie van sy films hanteer. So het hy feitlik algehele artistieke beheer gehad, maar ook geldelike ondersteuning van die groot Hollywood-rolprentateljees.
Met baie van sy rolprente het hy nuwe terreine ontgin, soos met 2001: A Space Odyssey (1968), ’n wetenskapsfiksieprent met innoverende visuele effekte en wetenskaplike realismeGiulio Angioni, Fare dire sentire: l'identico e il diverso nelle culture (2011), p. 37 en Un film del cuore, in Il dito alzato (2012), ble. 121–136 wat die regisseur Steven Spielberg sy generasie se "oerknal" genoem het. Met Barry Lyndon (1975) het Kubrick spesiale lense laat ontwerp om tonele by kerslig op te neem en The Shining (1980) was van die eerste vollengterolprente waarvoor ’n Steadicam-kamera gebruik is vir stabiliteit en gladde volgskote. Soos met sy vroeëre kortfilms, was Kubrick die kinematograaf en redigeerder van die eerste twee van sy 13 vollengteprente. Hy het die hele of deel van die draaiboek geskryf vir feitlik al sy rolprente, en was ook die regisseur en vervaardiger daarvan.
Hoewel van Kubrick se prente omstrede was en gemengde resensies gekry het, soos Paths of Glory (1957), Lolita (1962) en A Clockwork Orange (1971), is die meeste van sy werke benoem vir óf Oscars óf Golden Globes óf Baftas en is hulle later as meesterstukke beskou. Die rolprenthistorikus Michel Ciment beskou sy films as "van die belangrikste bydraes van die 20ste eeu tot die wêreld se rolprente." As ’n regisseur, meen ’n ander skrywer, is Kubrick " ’n legende in elke sin van die woord, en een van die invloedrykste, skokkendste en mees gerespekteerde mense in die geskiedenis van rolprente".Rossi, Danielle. "Director Spotlight: Stanley Kubrick", Daily Targum, Rutgers University, 29 Nov. 2012
Vroeë lewe duimnael|260px|links|’n Kubrick-foto van Chicago vir Look, 1949 Stanley Kubrick is op 26 Julie 1928 in Manhattan, New York, gebore as die eerste van twee kinders van Jacques (Jacob) Leonard Kubrick (1901–'85) en Sadie Gertrude (gebore Perveler; 1903–'85), albei Joods. Jacques Kubrick, wie se pa en dié se voorouers van Oostenrykse, Roemeense en Poolse afkoms was, was ’n dokter.
As ’n seun was Kubrick nie veel geïnteresseerd in die aktiwiteite in hul Bronx-woonbuurt nie. Toe hy 12 jaar oud was, het sy pa hom skaak geleer. Die spel was sy lewe lank ’n obsessie by hom en kom in baie tonele in sy prente voor. Toe hy 13 was, het sy pa vir hom ’n Graflex-kamera gekoop en so ’n liefde vir fotografie in hom gewek.
As tiener was Kubrick geïnteresseerd in jazz en hy het vir ’n kort rukkie ’n loopbaan as tromspeler nagestreef.
Kubrick het redelik swak op skool gevaar en het dikwels stokkiesgedraai om te gaan fliek. Hy het sy skoolloopbaan in 1945 voltooi, maar met sy swak punte en die vraag na universiteitstoelating deur terugkerende soldate van die Tweede Wêreldoorlog, was daar nie veel hoop op ’n hoër opvoeding nie.
In 1946 het Kubrick ’n leerlingfotograaf en later ’n voltydse fotograaf geword by die tydskrif Look. In dié tyd is hy met sy skoolliefde, Toba Metz, getroud (in Mei 1948) en het hy in die bioskope geboer. Hy is geïnspireer deur die komplekse, gladde kamerawerk van die regisseur Max Ophüls, wat later sy eie visuele styl beïnvloed het, en die regisseur Elia Kazan, wat hy Amerika se "beste regisseur" van dié tyd genoem het, veral vanweë sy vermoë om wondere te verrig met sy akteurs.Ciment, Michel. Kubrick: The Definitive Edition, Faber and Faber, Inc. (1980; 1999) bl. 36
Loopbaan Kortfilms In 1951 het Kubrick ’n paar kort dokumentêre prente gemaak. Die eerstes was nuusflitse vir rolprentteaters. Sy eerste kleurprent was The Seafarers (1953).
Vollengteprente Fear and Desire (1953) Kubrick se eerste vollengteprent, Fear and Desire (1953), was ’n goedkoop film oor soldate wat in ’n fiktiewe oorlog aan die vyand se kant van die gevegslinie gevang word. Kubrick en sy vrou, Toba, was die enigste lede van die produksiespan en die draaiboek is geskryf deur ’n vriend, Howard Sackler. Dit het ’n paar goeie resensies gekry, maar was steeds ’n finansiële mislukking. Kubrick was later verleë oor die "amateuragtige" prent en het dit uit sirkulasie probeer hou.Baxter 1997, p. 56. Online: Google Books link
Sommige meen die prent wys Kubrick se vroeë belangstelling in oorlogvoering. Volgens die rolprenthistorikus James Naremore was hy veral geïnteresseerd in "hoe rasionele, militaristiese beplanning uit beheer kan raak en irrasioneel word". Kubrick se latere rolprente het verskillende aspekte van dié tema uitgebeeld, soos Paths of Glory, Dr. Strangelove en Full Metal Jacket.
Killer's Kiss (1955) Nog ’n prent wat privaat deur Kubrick se vriende en familie gefinansier is, is Killer's Kiss – ’n film noir-rolprent van 67 minute oor ’n jong swaargewigbokser se betrokkenheid by ’n vrou wat deur haar misdadige baas misbruik word. Kubrick het die draaiboek saam met Sackler geskryf. Dit het beperkte finansiële sukses behaal.
The Killing (1956) The Killing, ’n film oor ’n rooftog by ’n perderesiesbaan, was Kubrick se eerste prent waaraan ’n volle span gewerk het. Die nie-lineêre storielyn daarvan sou later ander regisseurs soos Quentin Tarantino beïnvloed.Lucas (no date). Online at: 7 Classic Movies that Influenced Quentin Tarantino: Horror, Suspense, Film Noir – and Plenty of Laughs Sleeper 1997. Online at: la Fiction du Pulp: Tarantino's trail of bread crumbs leads to the French New Wave Die prent volg in ’n groot mate die styl van tradisionele film noir-prente, maar baie resensente beskou dit as een van die beste films van die genre.Online: Stanley Kubrick Exhibition. Newsletter no. 9, Oktober 2004. Dit was nie ’n finansiële sukses nie, maar het goeie resensies gekryRoud 1980 p. 562. Online: Google Books link en het Metro-Goldwyn-Mayer laat kennis neem van Kubrick en sy produksievennoot, James B. Harris.Jackson et al 2001. Online: Google Books link Hulle is ’n groot aantal stories aangebied waaruit hulle vir hul volgende projek kon kies.
Paths of Glory (1957) Kubrick se volgende rolprent, Paths of Glory, met Kirk Douglas, speel in die Eerste Wêreldoorlog af. Dit was sy eerste rolprent wat goed geld gemaak het.Encyclopedia of American Cinema for Smartphones and Mobile Devices, 2012 Dit is goed in die rolprentbedryf ontvang en Kubrick gevestig as ’n groot nuwe rolprentmaker.
Spartacus (1960) Spartacus is geskoei op die ware verhaal van dié historiese figuur. Dit is vervaardig deur Kirk Douglas, wat ook die rol gespeel het van die slaaf Spartacus. Sy vyand was die Romeinse generaal Marcus Licinius Crassus (gespeel deur Laurence Olivier). Douglas het Kubrick as regisseur aangestel nadat hy Anthony Mann afgedank het.
Hoewel Kubrick teen daardie tyd, op 31, reeds vier vollengterolprente gemaak het, was Spartacus toe verreweg sy grootste projek, met ’n rolverdeling van meer as 10 000. Dit was toe ook die duurste rolprent wat nog in Amerika gemaak is. Verder was dit die eerste keer dat Kubrick Super Technirama-film van 70 mm gebruik het vir ultra-hoë definisie. Dit het hom ook in staat gestel om groot panoramiese tonele te verfilm, soos een met 8 000 opgeleide Spaanse soldate as die Romeinse leër.
Spartacus was ’n kommersiële sukses en het Kubrick gevestig as ’n vooraanstaande regisseur. Die prent het ses Oscar-benoemings gekry en vier gewen. Kubrick en Douglas het egter vasgesit en die prent het ’n einde gebring aan hul werkverhouding.
Lolita (1962) In 1962 het Kubrick Engeland toe getrek om Lolita te maak, wat sy eerste poging was tot swart komedie. Dit was ’n verwerking van die roman met dieselfde naam deur Vladimir Nabokov, die verhaal van ’n middeljarige professor wat beenaf raak op ’n 14-jarige meisie. Van die akteurs was Peter Sellers, James Mason, Shelley Winters en Sue Lyon. Lolita was Kubrick se eerste rolprent wat in omstredenheid gehul was weens die uitlokkende storie.Bogdanovich 1999. Online: What They Say About Stanley Kubrick Kubrick het die erotiese aspek van die roman afgeskaal en dit verander in ’n "epiese komedie van frustrasie eerder as wellus", skryf die rolprentskrywer Adrian Turner.Turner, Adrian, ed. World Film Directors, vol. II (1988) ble. 544–552 Wat styl betref, was Lolita ’n oorgangsfilm vir Kubrick tussen sy eerste, naturalistiese prente en die surrealisme van sy latere prente, skryf die resensent Gene Youngblood.Youngblood 2008. Online: Lolita Dit het uiteenlopende resensies gekry.
Dr. Strangelove (1964) Kubrick se volgende projek was Dr Strangelove (1964), nog ’n satiriese swart komedie. Omdat Kubrick volwasse geword het teen die einde van WOII en die begin van die Koue Oorlog, was hy nes ander bekommerd oor die moontlikheid van ’n kernoorlog. Hy het dit selfs oorweeg om uit Amerika te trek weens sy vrees dat New York ’n kernbomteiken kan word. Hy het besluit om ’n rolprent oor die onderwerp te maak.LoBrutto, Vincent (1999). Stanley Kubrick: a Biography. Penguin Books.
Nadat hy die roman Red Alert gelees het nadat iemand dit aanbeveel het, het hy dit beskou as goeie materiaal vir die maak van ’n film oor ’n kernoorlog. Hy het saam met sy vervaardiger, James B. Harris, aan die draaiboek gewerk.
In dié tyd het Kubrick besluit om die andersins ernstige en vreesaanjaende verhaal in 'n satire te verander, omdat dit die enigste manier sou wees waarop dit sou werk. Harris het nie saamgestem nie en hom aan die vervaardiging onttrek. Herman Kahn saam met John von Neumann, Edward Teller en Wernher von Braun, was Kubrick se inspirasies vir die karakter "Dr. Strangelove" in dié rolprent.Paul Boyer, 'Dr. Strangelove' in Mark C. Carnes (ed.), Past Imperfect: History According to the Movies, New York, 1996.
Kubrick het uitgevind dit sou onmoontlik wees om die rolprent in Amerika te maak weens tegniese en politieke probleme en besluit om dit in Engeland te maak. Daar het hy ’n span bymekaargebring wat "die eerste belangrike visuele-effekte-span in die wêreld" sou word. Hy het die satire- en komedieskrywer Terry Southern gekry om hom die draaiboek te help skryf. Uit sy versameling van duisende plate, van klassieke musiek en goue oues, het Kubrick musiek gekies wat tot die satiriese aard van die prent bygedra het. Peter Sellers, wat in Lolita gespeel het, is weer as akteur ingespan, dié keer in drie verskillende rolle.
Die rolprent het uiteenlopende reaksie ontlok. Dit is beskryf as van ’n "siek grap"Kercher, Stephen E., Revel with a Cause: Liberal Satire in Postwar America, Univ. of Chicago (2006) bl. 340–341 tot ’n meesterstuk.
2001: A Space Odyssey (1968) Kubrick het die volgende vyf jaar bestee aan die ontwikkeling van sy volgende projek: 2001: A Space Odyssey (1968). Die film is aangepas van die kortverhaal The Sentinel deur die wetenskapsfiksieskrywer Arthur C. Clarke. Hy en Kubrick het saam die draaiboek geskryf, wat temas behandel soos buiteruimtelike lewe, menslike evolusie, kunsmatige intelligensie, tegnologiese ontwikkelinge en reïnkarnasie.