Die Sandiledam is geleë in die Keiskammarivier naby Keiskammahoek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Hierdie dam is in 1983 geopen. Die wal is 61 m hoog en die bakmaat van die dam is 30,96 miljoen m3. Die dam ontvang veral water van sneeu wat smelt van die hoë berge in die omgewing. Huishoudelike water word voorsien aan Middeldrif en word ook gebruik vir besproeiing aan die oewers van die dam.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap