James (Jimmy) Thom Durrant CB DFC (5 Mei 1913 – 15 Oktober 1990) was ‘n suksesvolle Suid-Afrikaanse bomwerper vlieënier gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hy het later die pos beklee as Direkteur-Generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy in beheer van verskeie SALM eskaders en lugvleuels en later ook in beheer van verskeie Koninklike Lugmag bomwerper groepe, een van min nie-Britse offisiere om so ‘n pos te beklee. Hy was op 32 jaar die jongste generaal-majoor in die Geallieerdes Magte toe hy die rang verwerf het.
Bron Persoonlike onderhoud met Richard Durrant, seun van Jimmy Durrant.
Kategorie:Suid-Afrikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1990