Die Baviaanskloof-wildernisgebied is geleë in die Oos-Kaap en is 288 087 hektaar groot. Dit sluit die Baviaanskloof, Groendal- en Formosa-natuurreservate in. Die gebied is meer bekend vir sy ongelooflike natuurskoon as die fauna en flora. Die area is bergagtig met baie riviere en ravyne. Die hoogste punt in die gebied is Cockscomb (1758 m) in die Groot-Winterhoekberge.
Soogdiere Van die groot soogdiere wat hier gevind word, is luiperd, buffel, koedoe, bergsebra, rooihartbees, bosbok, rooiribbok, eland en bobbejaan.
Vislewe Daar kom dertien visspesies voor in riviere en damme in die park. Van hulle is die Kaapse kurper (Sandelia capensis), Goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), Kleinskub-rooivlerkie (Pseudobarbus asper) en Oos-Kaapse rooivlerkie (Pseudobarbus afer). Uitheemse spesies wat ingevoer en losgelaat is met rampspoedige gevolge is die Skerptandbaber (Clarias gariepinus), Grootbekbaars (Micropterus salmoides) en die Vleikurper (Tilapia sparrmanii).
Sien ook Campbell Monument, monument wat die vloed van 5 Mei 1916 gedenk.
Bronnelys
Weg-tydskrif. Februarie 2014.
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in die Oos-Kaap