Die Stormberg is 'n bergreeks geleë in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika, dit is 'n oostelike uitbreiding van die Bamboesberg en 'n verlenging van die groter Drakensbergreeks. Hulle vorm deel van die Amatholeberge en Stormberg-gebied wat groot dorpe soos Grahamstad, Oos-Londen en Port Alfred insluit. Dorpe wat in die Stormbergreeks geleë is, sluit in Molteno, Dordrecht, Barkly-Oos, Rhodes en Steynsburg.
Geologie Geologies vorm die berg deel van die Stormberg-groep van die Karoo-supergroep, waar die enigste ontginbare steenkoolneerslae in die Kaap gevind word. Hierdie koolvelde word ondersoek vir moontlike koolbed-metaangas-ontginning. Die rotsformasies bestaan tipies uit die Molteno-formasie, wat die onderste (oudste) formasie van die Stormberg-groep uitmaak. Die Molteno-formasie oorlê die Beaufort-groep.
Historiese bewoners Hierdie berge – soos meeste ander berge in Suid-Afrika – was oorspronklik die tuiste van Khoisan jagter-versamelaars. Die Nguni-migrasies het die aankoms ingelui van die Xhosa-herders van die noorde af, en daarmee saam die ontworteling van die Khoisan. Die daaropvolgende aankoms van die Kaapse koloniste in die gebied het tot die reeks grensoorloë met die Xhosas gelei en daarmee die streek se inlywing by die Kaapkolonie verseker.
Die Slag van Stormberg is hier gevoer op 9 Desember 1899 tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Galery
Sien ook Drakensberge Kramberg Molteno Slag van Stormberg
Verwysings
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Oos-Kaap