Die Barotse-ghieliemientjie (Barbus barotseensis) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier, Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Barotse barb.

Voorkoms Die vis kom ooreen met die breëstreep-ghieliemientjie maar die pigmentasie van die drie of meer kolle op die lyf is meer duidelik en eweredig. Die vis word tot 50 mm lank.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-barotseensis.html

Kategorie:Beenvisse