Die prag-ghieliemientjie (Barbus bellcrossi) is 'n varswatervis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, amper naby die oorsprong. In Engels staan die vis bekend as die Gorgeous barb.

Voorkoms Die vis het 'n slank lyf met lang vinne en die sylyn is duidelik sigbaar. Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is olyfbruin kleurig en silwer aan die onderkant. Die oë is rooi aan die bokant en die vinne is oranje of rooi. Daar is 5 - 6 groot kolle in 'n reguit lyn oor die middel van die lyf. Die rante van die skubbe is donker. Die vis word tot 46 mm lank.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Clypeobarbus-bellcrossi.html

Kategorie:Beenvisse