Die Zambezi-papegaaivis (Cyphomyrus discorhynchus) is 'n varswatervis wat in die Kunene-, Okavango-, Zambezi-, Buzi- en Pungweriviere voorkom. Buite Suider-Afrika kom hulle ook voor in die Kongorivier en die Malawi- en Tanganjikamere. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi parrotfish.

Voorkoms Die vis is grys-bruin tot bruin van kleur en daar is 'n amper swart vertikale streep tussen die dorsale en anale vinne. Die vis word tot 310 mm lank en die Zimbabwe hengelrekord is 0.75 kg.

Habitat Die vis leef in groot rivierkanale met sagte bodems en plantegroei op die oewers. Hulle leef in skole saam, is naglewend en vreet bodem ongewerweldes.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Fishbase: Cyphomyrus discorhynchus

Kategorie:Beenvisse