Die Slanke klipstamper (Hippopotamyrus ansorgii) is 'n varswatervis wat in die boonste dele van die Zambezirivier, die Kunene-, Okavango-, Buzi- en Pungweriviere voorkom. Daar is 'n geïsoleerde bevolking in die Ruorivier in Malawi. In Engels staan die vis bekend as die Slender stonebasher.
Voorkoms Die vis het 'n lang en plat lyf, die dorsale vin (agter op die lyf) is korter as die anale vin en die stertvin is gevurk met ronde punte. Die vis het 'n klein bek. Die vis is gewoonlik bruin of swart met 'n vertikale streep waar die dorsale vin begin en word tot 150 mm lank.
Habitat Die vis leef in rotsagtige areas in vinnigvloeiende water. Hulle vreet ongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel Fishbase: Hippopotamyrus ansorgii
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse