Hippopotamyrus is 'n genus van visse wat aan die familie Mormyridae behoort. Die spesies in die genus het lang lywe met kort snoete. Die dorsale vin is amper net so groot soos die anale vin. Daar is vyftien spesies in die genus en een kom in Suider-Afrika voor.
Spesie Spesie wat hoort tot die genus: Hippopotamyrus ansorgii - Slanke klipstamper
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse