HD 40307 is ’n oranje K-tipe hoofreeksster sowat 42 ligjare (12,83 parsek) van die Aarde af in die sterrebeeld Skilder. Sy massa is na raming effens minder as dié van die Son. Die ster het sover bekend ses planete wat om hom wentel. Drie planete is in 2008 ontdek en nog drie in 2012. Een van hulle, HD 40307 g, is ’n planeet soortgelyk aan die Aarde met ’n wentelperiode van sowat 200 dae en kan dalk vloeibare water op sy oppervlak hê. Nog navorsing is nodig om vas te stel of dit lewe kan huisves.Possible Earth-like planet could hold water; scientists cautious, Amina Khan, Los Angeles Times, 7 November 2012. URL besoek op 8 November 2012.

Eienskappe HD 40307 is ’n K-tipe ster en straal dus oranje lig uit. Sy radius en massa is sowat ’n driekwart van die Son s’n. Sy temperatuur is net onder 5 000 kelvin. Dit is relatief hoog vir ’n K-tipe ster en is naby dié van ’n G-tipe ster soos die Son. Die sterrekundiges wat die planete om 40307 ontdek het, meen hul metaalinhoud sal bepaal of hulle terrestriaal soos die Aarde of gasplanete soos Jupiter en Saturnus is.

Ondanks sy nabyheid aan die Aarde kan HD 40307 nie met die blote oog gesien word nie.

Planetêre stelsel Vyf van HD 40307 se planete wentel baie naby aan die ster, met die verste een van hulle wat twee keer so naby is as Mercurius aan die Son. Die heel verste planeet is omtrent so ver as Venus van die Son en val binne die gebied waar water kan voorkom.

Die minimum massa van die planete wissel van drie tot tien keer dié van die Aarde.

Verwysings

Eksterne skakels A Trio of Super-Earths: A harvest of low-mass exoplanets discovered with HARPS , nuusvrystelling, European Southern Observatory, ESO 19/08, 16 Junie 2008.

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Skilder (sterrebeeld) Kategorie:K-tipe hoofreekssterre