Messier 74 of M74 (ook bekend as NGC 628) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 32 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Visse. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien. M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre.
Supernovas Twee supernovas is al in M74 waargeneem: SN 2002ap en SN 2003gd. SN 2002ap het besondere belangstelling gewek omdat dit een van die min tipe Ic-supernovas (of hipernovas) is wat in onlangse jare binne 10 miljoen parsek van die Aarde af gesien is.
SN 2003gd is a Tipe II-P-supernova. Tipe II-supernovas het bekende helderhede en hul afstande kan dus akkuraat gemeet word. Deur SN 2003gd te gebruik, kan die afstand na M74 bepaal word as 9,6 ± 2,8 megaparsek, of 31,9 miljoen ligjare.
Sterrestelselgroep M74 is die helderste stelsel in die M74-groep, ’n groep van 5-7 sterrestelsels, insluitende die eienaardige spiraalstelsel NGC 660 en ’n paar onreëlmatige stelsels.
Moontlike swartkolk Op 22 Maart 2005 is aangekondigChandra :: Photo Album :: M74 :: 22 Mar 05 dat die X-straal-ruimtesterrewag Chandra ’n ultrahelder X-straalbron in M74 waargeneem het wat meer X-straalkrag uitstraal as ’n neutronster – met intervalle van sowat twee uur. Dit het ’n geraamde massa van sowat 10 000 sonmassas. Dit dui op ’n swartkolk van mediumgrootte. Dit is ’n ongewone soort swartkolk, iewers tussen die grootte van gewone stellêre swartkolke en massiewe swartkolke wat teoreties voorkom in die middel van die meeste sterrestelsels. Die X-straalbron is geïdentifiseer as CXOU J013651.1+154547.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 74
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
70074
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Visse (sterrebeeld)