Die Federale Vryheidsparty (FVP) was ’n Suid-Afrikaanse politieke party wat op 10 Oktober 2012 gestig is. Die party was van voorneme is om aan die algemene verkiesing van 2014 deel te neem. Hulle het hulle beywer vir ’n konfederale staatsbestel waarin alle volke, nasies of etniese groepe sy eie deelstaat kan hê en waarin sodanige volk, nasie of etniese groep homself kan regeer volgens sy eie godsdienstige en kulturele lewensbeskouing, vry van enige staat of organisasie. Die Federale Vryheidsparty het homself beywer om namens die Afrikaner- en Boerevolk om die deelstaat te verkry. Verder was die Federale Vryheidsparty ook ’n party wat na die regte van die Afrikaner- en Boerevolk omsien.

Die Party het ’n terugslag beleef toe twee van sy lede, Hein Boonzaaier en Johan Prinsloo, op 16 Desember 2012 gearresteer is vir hoogverraad. Boonzaaier is op 23 Januarie 2013 op borgtog van R80 000 vrygelaat. Die saak teen hom is later teruggetrek.

Die party het op 9 Maart 2013 aangedui dat hy die rassistiese haatgroep die "New Black Panther Party" se besoek aan Suid-Afrika gaan stop.Die muilband van konserwatiewe blanke groepe, Die Vryburger, 23 Oktober 2012(http://www.dievryburger.co.za/2012/10/zuma-plan-met-grond-onteiening/ Zuma-plan met grond onteiening, Die Vryburger, 23 Oktober 2012

In Desember 2013 het die FVP, saam met ander organisasies, die Front Nasionaal gestig as voortsetting van sy bedrywighede.

Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Die FVP se webtuiste

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika