Hierdie artikel handel oor die soogdier van die familie Felidae, vir die Argentynse Superrugbyspan, sien Jaguares (Superrugbyspan).

Die jaguar (Panthera onca) is 'n katagtige soogdier wat in Sentraal- en 'n groot deel van Suid-Amerika voorkom. Die jaguar is die derde grootste kat na die tier en die leeu. Dit is ook die grootste en kragtigste kat in die Westelike Halfrond.

duimnael|links|Die breë kop kan hier goed gesien word duimnael|links|'n Jaguarwyfie As gevolg van hulle kolle lyk jaguars baie soos luiperds, maar is gewoonlik groter en sterker. Hulle gedrag is ook meer soos dié van tiere. Hulle hou daarvan om naby water te bly, en soos die tier, hou hulle van swem. Hulle jag gewoonlik alleen.

Tot in 2023 het die jaguar in die Argentynse Rugbyunie se embleem verskyn en die Argentynse rugbyspan Jaguares het van 2016 tot 2020 aan die Superrugbytoernooi deelgeneem.

Sien ook Europese jaguar

Verwysings

Bronnelys

Brown, David, and Carlos A. López González (2001). Borderland Jaguars. University of Utah Press. .

Eksterne skakels

Kategorie:Katagtiges