Messier 79 of M79 (ook bekend as NGC 1904) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 41 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Haas. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Nes met Messier 54 (die ander bolswerm op Messier se lys buite die Melkweg), word geglo dat dit nie eie aan die Melkweg is nie, maar behoort tot die Canis Major-dwergsterrestelsel wat tans in ’n baie nabye interaksie met die Melkweg betrokke is – een wat dit waarskynlik nie ongeskonde sal oorleef nie. Dit is egter ’n betwisbare onderwerp aangesien sterrekundiges steeds ’n debat voer oor die aard van die Canis Major-stelsel self. Die meeste sterre in die swerm is rooireuse.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 79 Galactic Globular Clusters Database

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

70079 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Haas (sterrebeeld)