Messier 54 of M54 (ook bekend as onder meer NGC 6715) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1766 deur Charles Messier ontdek wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.
Voorheen is geglo M54 behoort tot die Melkweg en is sowat 50 000 ligjare van die Aarde af, maar in 1994 is ontdek dit behoort waarskynlik tot die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel. Volgens moderne ramings is M54 sowat 87 000 ligjare van hier en het dit ’n radius van 153 ligjare. Dit is een van die digste bolswerms en het ’n absolute helderheid van 850 000 keer dié van die Son: sowat -10.
M54 is redelik maklik om te vind. Dit is naby die ster Zeta Sagittarii. Die onderskeie sterre kan egter selfs met groter amateurteleskope nie gesien word nie.
In Julie 2009 het ’n span sterrekundiges bekend gemaak hulle het bewyse van ’n swartkolk in die kern van M54 gevind.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 54
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
50054 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld)