Die Gevlekte-sandbabertjie (Zaireichthys rotundiceps) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunene-, Okavango-, Zambezi-, Punge-, Buzi- en Saverivier stelsels. Dit kom ook voor in die opvanggebied van Malawimeer.
Voorkoms Die vis is deurskynend tot wit met onreëlmatige grys skadus en merke op die lyf. Die stert-, anale- en pektorale vinne het swart strepe op. Die vis word tot 40 mm lank.
Habitat Die vis leef by sand, gewoonlik begrawe onder die sand met net die oë wat uitsteek. Hulle vreet klein organismes.
Hierdie spesie verteenwoordig tans 'n komplekse klomp spesies en verdere navorsing moet gedoen word.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Zaireichthys-rotundiceps.html
Kategorie:Beenvisse