Die breëstert-bergbaber (Amphilius laticaudatus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Buzirivierstelsel in Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Broadtail mountain catfish.
Voorkoms Die vis is dofbruin en romerig wit aan die onderkant op die pens en onder die kop. Die vis word tot 51 mm lank. Die pektorale- en stertvinne is wyd en lyk amper soos 'n vlerk terwyl die stertvin gevurk is. Die kop is plat met klein oë en daar is drie pare baarde om die mond.
Habitat Die vis leef in vlak, vinnigvloeiende water oor rotse en klippe.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Amphilius-laticaudatus.html
Kategorie:Beenvisse