Elton Jantjies (gebore in Graaff-Reinet op 1 Augustus 1990) is 'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker speel en vir die in Superrugby. Hy sluit in 2013 tydelik by die aan, weens die Lions se weglating uit Superrugby daardie jaar. Hy is ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2019.

Curriebekerrugby Jantjies het sy reputasie as sleutelspeler verwerf toe hy al vyf sy doelskoppe, asook 'n verdere tien strafskoppe suksesvol oorgeskop het in die 2011 Curriebeker-halfeindronde en in die eindstryd. Hy is aangewys as Speler van die wedstryd na die oorwinning van 42-16 oor die Haaie.

Springbokloopbaan Elton Jantjies was ingesluit in the Springbokgroep vir die 2010 toer na Brittanje en Ierland;espnscrum webblad. en vir die inkomende toer teen Engeland in 2012.sport24 webblad.

Jantjies het egter eers opgedraf vir die Springbokke op Loftus in die 75ste minuut van die toetswedstryd teen Australië om 18h45 (SA tyd) op 29 September 2012, toe hy Johan Goosen vervang het. Dit besorg aan hom die eer om die Springbokbaadjie te dra vir sy spel as losskakel in die laaste vyf minute van die toetswedstryd.

In Junie 2016, na Patrick Lambie beseer is, word hy egter die 'Bokke se nommer-een losskakel tydens die inkomende Ierse toer.

Toetsdrieë Drie Teenstanders Stad Veld Kompetisie Datum Uitslag1 Durban, Suid-Afrika Kings Park Wen 37–152 Salta, Argentinië Estadio Padre Ernesto Martearena 2017-Rugbykampioenskap Wen 41–23

Verwysings

Eksterne skakels Jantjies se Springbokprofiel

ESPN Scrum profiel Jantjies se statistiek by itsrugby.co.uk

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Stormers rugbyspelers