George Ballot (3 September 1946 - 30 September 2023) was 'n Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: Die Slot.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewe Ballot het aan die Universiteit van Pretoria studeer en in 1968 by Truk aangesluit.Ballot George Ballot by ESAT Teaterproduksies van dié geselskap waarin hy verskyn het, sluit in Professor Poffel en Professor Moffel (1968), Sirkusavontuur (1969), Kinkels in die Kabel (1970), Mattewis en Meraai (1970), Siener in die Suburbs (1971), Die Seemeeu (1972), Toiings (1973), Die Rebellie van Lafras Verwey (1975), 'n Seder val in Waterkloof (1975), Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat (1975) en Brothers (1984).

Vir Kruik het hy verskyn in Vrede (1983), Kermis op Koekenmoer (1983), En Dit Was Môre (1985) en Die Park (1990).

Hy het later ook radio-, TV-, rolprent- en verhoogwerk gedoen en landwyd bekendheid verwerf vir sy rol as die beminde maar komplekse misdadiger Skollie in die gewilde TV-reeks Vyfster en sy opvolgfliek. Hy was ook op TV te sien in TJ7 (1978).

Sy rolle in vroeë Afrikaanse flieks sluit in Bitter Lied van die Somer (1970), Die Sersant en die Tiger Moth (1974), Geluksdal (1974), Tant Ralie se Losieshuis (1974), Vergeet My Nie (1975), Blink Stefaans (1981), Die groen faktor (1984), Skollie (1984) en Vyfster: Die Slot (1985).

In die 1990's het hy in Kaapstad afgetree, waar hy ’n kunsgalery bedryf het en nog by vermaak betrokke was. Hy is op 2 Oktober 2023, dood in sy huis op Riebeek-Kasteel gevind. Hy is vermoedelik reeds Saterdagoggend (30 September 2023) aan 'n hartaanval of aneurisme oorlede.Van Zyl, A Netwerk24, Skollie van Vyfster dood in sy huis gevind, 4 Oktober 2023

Filmografie Styx (video), 2001 as Ferguson Sarahsarà, 1994 as Dr. Durer Vyfster: Die Slot, 1985 as Skollie Die groen faktor, 1984 as Hannes Jooste Skollie, 1984 Kooperasiestories, 1984 as Nerfie in Hermientjie, Vyfster (TV-reeks), 1984 as Skollie Blink Stefaans, 1981 Vergeet My Nie, 1975 Die Sersant en die Tiger Moth, 1974 Geluksdal, 1974 Siener in die suburbs, 1973 as Albertus

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2023 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs