Die Harige slangster (Ophiothrix fragilis) is 'n seester wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom. Die diertjie het 'n ronde lyf waaraan vyf, buigbare pote vas is. Die pote is oortrek met lang, skerp stekels terwyl die liggaam oortrek is met kort stekels. Die seester kom voor in rotsagtige kuste tot op dieptes van 100 m waar dit in skeure skuil. Hulle is kuddediere en word dikwels in digte groepe aangetref. Die seesterre vreet deur hul pote in die water rond te swaai en vang sodoende dooie plant- en diermateriaal.

Fotogalery

Bron

Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Verwysings

Kategorie:Seesterre