Die Stekelseester (Marthasterias glacialis) is 'n seester wat voorkom aan die suidkus van Suid-Afrika en word tot 20 cm breed. Die oranje kleurige liggaam is oortrek met blougrys knoppiesagtige stekels. Die seester leef in tussengetypoele en vreet mossels deur die skulp oop te forseer met die voete. Dan word die pens uitgestulp om die vleis te verteer. Hulle vreet ook klipmossels, tolskulpe en eendmossels.
Fotogalery
Bron
Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Seesterre