Die Borrelvlotskulpslak (Janthina janthina) is 'n slak wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en word tot 3.4 cm groot. Die slak leef op die oppervlak van die water waar dit ronddryf. 'n Vlot van lugborrels hou die skulp onderstebo in die water sodat dit kan dryf en met ander plankton meng. Die diertjie vreet bloublasies en word deur weer deur jong seeskilpaaie gevreet. Die skulp is lig, broos en violetkleurig.

Fotogalery

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Verwysings

Kategorie:Slakke