Die Arabiese kaurie (Cypraea arabica) is 'n slak wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika en word tot 10 cm groot. Die skulp is glad en eiervormig. Dit is ligbruin van kleur met digte, donkerbruin vlekke en patrone op. Die ongewerwelde dier leef in die tussengetysone of in vlak riwwe waar dit in skeure skuil. 'n Mantel bedek die skulp wat verhoed dat ander organismes hulle op die dop vestig.

Fotogalery

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Slakke