200px Sheridan Le Fanu
Ierse skrywer en joernalis
Gebore 28 Augustus 1814 in Dublin, Ierland
Oorlede 7 Februarie 1873 in Dublin, Ierland
Literêre genres Gotiese romans, bonatuurlike fiksie
Literêre stroming Donker romantisisme Joseph Thomas Sheridan Le Fanu (* 28 Augustus 1814, † 7 Februarie 1873) was 'n Ierse joernalis en skrywer wat hom op Gotiese en bonatuurlike fiksie toegespits het.
Le Fanu, wat reeds in sy jeug onder die indruk van bygelowe in landelike Ierland gestaan het, word as die leidende 19de eeuse outeur van spookverhale beskou en het 'n beslissende rol by die ontwikkeling van dié literêre genre in die Victoriaanse tydperk gespeel. Van sy bekendste werke sluit Uncle Silas, Carmilla en The House by the Churchyard in. Carmilla, 'n vampier-novelle, het moontlik groot invloed op Bram Stoker, die skrywer van Dracula, uitgeoefen.
Eksterne skakels
Kategorie:Ierse skrywers Kategorie:Geboortes in 1814 Kategorie:Sterftes in 1873