Die Boesmanstee (Catha edulis) is 'n middelmatige tot groot boom wat voorkom in noord KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. In die res van Afrika kom die boom in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Sentraal- en Oos-Zimbabwe voor.
In Engels staan die boom bekend as Khat bushmens tea. Verder noord in Afrika staan die boom bekend as Khat. Die boom se FSA-nommer is 404.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Blare Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande met 'n rif tussen hulle. Die blare en bas bevat alkaloïede. In die Oos-Kaap word die blare geëet as 'n stimulant; dit is die rede waarom Burchell die boom die Boesmanstee genoem het in 1814.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates. Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe