Araliaceae is die klimop- en kiepersolfamilie wat hoort tot die orde Apiales. Die familie kom wêreldwyd voor in hoofsaaklik tropiese areas. Die bekendste lid is die Klimop (Hedera helix). In Suid-Afrika neig die bome van die familie om 'n groot bos blare aan die eindpunt van die stam te hê. Die blare kan enkelvoudig en soms gelob of saamgestel en handvormig wees. Die blomme is dikwels dig saamgepak langs are wat groot saamgestelde hofies vorm. In Suid-Afrika kom drie genera voor: (Schefflera), (Cussonia) en (Seemannaralia). Die Afrikaanse naam vir die meeste spesies van die eerste twee genera is 'Kiepersol'. Die woord is waarskynlik van die Portugeses woord vir sambreel of sonskerm afgelei.

Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Boskiepersol (Cussonia sphaerocephala) Enkelblaarkiepersol (Cussonia natalensis) Gamtooskiepersol (Cussonia gamtoosensis) Hoëveldkiepersol (Cussonia paniculata) Kiepersol (Cussonia spicata) Seekatkiepersol (Cussonia arborea) Valskiepersol (Schefflera umbellifera)

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies