Die kusrooimelkhout (Mimusops afra) is 'n boom wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom vanaf Port Alfred, noordwaarts deur KwaZulu-Natal tot by Mosambiek se suidergrens. Die spesie speel 'n belangrike rol in die duineplantegroei en wel in die konsolidering van die sandduine. Hul staan ook bekend as die 'lopende boom' omrede wanneer hul deur winde omgewaai word die takke net daar wortelskiet waar dit aan die grond raak en die boom neem dus 'n nuwe posisie in.
Beskrywing
Mimusops afra is 'n klein tot medium grootte boom. Die stam is tot 50 cm in deursnee, dikwels knoetserig of gedraai met donkergrys bas wat in die lengte geplooid is.Lemmens, R.H.M.J. (2005). Hierdie bome bereik 15 m South African National Biodiversity Institute tot 25 m Pooley, E. (1993). The Complete Field Guide to Trees of Natal, Zululand and Transkei. in hoogte, maar is korter aan die seekant van duine World Wildlife Fund Staff. (2008). WWF Full Report: Maputaland coastal forest mosaic (AT0119). waar hulle selde meer as 5 m hoog word en waar die blare onder die gedurige soutsproei en seewinde ly. Dit kan dominant wees in beskutte duinbos agter die kussone, waar dit 20 m in hoogte kan bereik maar 'n paar met beskerming teen die soutwind in woude ontwikkel krone so hoog as 30 meter.
Die blare is alternatief, hard en leeragtig met afgeronde of stomp punte. Ouer blare is blou-groen bo en ligter aan die onderkant. Jong blare is liggroen.
Die romerige-wit ster-agtige blomme is 10–20 mm in deursnee en kom voor in klein trosse in die blaaroksels.Weaver, R.E. en Anderson, P.J.(2004).
Die vrugte word ongeveer 15–20 mm lank en is vet, rond tot ovaal, rooi of oranje-rooi wanneer dit ryp is, met 'n soet styselagtige pulp en met 'n enkele ovaal, blinkbruin of swarterige saad.Palmer, E. en Pitman, N. (1972).
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika afra Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika