Boraginaceae is die heliotroop-familie wat tans nog nie geklassifiseer is met betrekking tot 'n orde nie. Hierdie groot familie bestaan hoofsaaklik uit kruidagtige plante en kom oor die hele wêreld voor. Van die bekende tuinplante van die familie is die Heliotroop, en die Vergeet-my-nietjie. Die plante dra dikwels blou blomme en die blare is byna altyd grof en harig. Daar hoort 2000 spesies tot die familie wêreldwyd. Daar kom ongeveer 15 genera, wat 80 spesies verteenwoordig, van die familie in Suid-Afrika voor. Slegs twee genera se lede bereik boomgrootte: Ehretia en Cordia wat ongeveer 10 spesies verteenwoordig.
Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Deurmekaarbos (Ehretia rigida) Grootblaarpieringbessie (Cordia africana) Growweblaarpieringbessie (Cordia ovalis) Septeeboom (Cordia afra) Skurweblaarbos (Ehretia amoena)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Boraginaceae