Die Witmelkhout (Sideroxylon inerme) is 'n struik of 'n boom wat in Suid-Afrika voorkom in 'n strook langs die kus vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Mosambiek en is inheems in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Aldabra, Comore-eilande, Eswatini, Kenia, Mosambiek en eilande, Somalië, Tanzanië en Zimbabwe.

Die bome is blaarryk en groei meestal naby die see. Die vrugte is vlesig, persswart en sowat 1.2 cm in deursnee. Hulle is eetbaar maar nie almal is smaaklik nie. Die bome leef lank. Bekende Witmelkhoutbome is die "Poskantoorboom" in Mosselbaai, die "Fingo" boom in Peddie en die "Verdragsboom" in Woodstock.

Die spesie het drie subspesies: Sideroxylon inerme subsp. cryptophlebium (Baker) J.H.Hemsl. Sideroxylon inerme subsp. diospyroides (Baker) J.H.Hemsl. Sideroxylon inerme subsp. inerme

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Bome van Afrika inerme Kategorie:Flora van Aldabra Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe