Tainan臺南市Tâi-lâm Tshī 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|raam|senter Vlag 90px|raam|senter Land Administratiewe gewes Suid-Taiwan Koördinate Stigting 1621 Provinsiale stadstatus 25 Oktober 1945 Oppervlakte: - Totaal 2 191,65 vk km Hoogte bo seevlak – m Bevolking: - Totaal (Maart 2023) 1 856 642 - Bevolkingsdigtheid 850/vk km Tydsone UTC +8 (CST) Burgemeester Huang Wei-cher (DPP) Amptelike webwerf Tainan
Tainan, amptelik Tainan Stad (Chinees: 臺南市, pinyin: Táinán Shì; Taiwannees: Tâi-lâm Tshī; letterlik: "Suid-Taiwan"), is ná Nieu-Taipei, Kaohsiung, Taichung, Taipei en Taoyuan die sesde grootste stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met 'n bevolking van sowat 1,9 miljoen en beslaan 'n oppervlakte van 2 192 km². Tainan is 'n spesiale munisipaliteit in die suidwestelike deel van die eilandstaat en dit word regstreeks deur die nasionale regering bestuur. Op 25 Desember 2010 het die stad met die landelike Tainan-distrik saamgesmelt.
duimnael|links|Tainan se stadshorison Tainan stadsgebied behels 'n aansienlike deel van Taiwan se suidwestelike kuslyn langs die Suid-Chinese See. Die stad is weens sy gerieflike plek in 1621 deur Nederlandse koloniste opgerig. In 1662 het die Chinese onder Zheng Chenggong die stad verower en tot hoofstad van die Taiwan-prefektuur verklaar. Tainan beskik ook oor 'n groot hawe langs die Suid-Chinese See.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Republiek China