'n Palindroom (vanuit Grieks: πάλιν, "opnuut" en δρόμος, "(deur)loop"), ook 'n keerwoord genoem, is 'n simmetriese volgorde van letters of syfers in 'n woord of 'n getal. Die palindroom bly dieselfde ongeag of dit van links na regs of van regs na links gelees word. Leestekens word nie in ag geneem nie.
thumb|right|'n Satorvierkant in Oppède, Frankryk.
Woorde Voorbeelde van palindroom-woorde: dood droommoord (sover bekend die langste palindroom-woord in Afrikaans) ete knalplank kok lepel pap papajapap
Asook:
fokof (kru taal)
Sinne Palindroom-sinne is dikwels absurd, maar af en toe maak hulle op 'n manier wel verrassend sin, soos die bekende Engelse "Able was I ere I saw Elba", wat aan Napoleon toegedig word. Die volgende voorbeelde van Afrikaanse palindroom-sinne klink bra kru as 'n mens hulle daarmee vergelyk, maar kan dalk tog iemand inspireer om iets pittigers te skep: Madam Einger Einstein E. laat Sarel lepel lê. Ras, taal en iets nie reg nie, madam? Madagaskar-bees kook see-brak sag, Adam. Kaas? Droomsap met ys? Eet Ella papajapap? Alle tee? Sy tem pas moordsaak!
Getalle Voorbeelde van palindroom-getalle: 151 1001 12345678987654321
Datums en tye Voorbeelde van palindroom-datums en -tye 11/02/2011 (11 Februarie 2011) 21/02/2012 (21 Februarie 2012) 10:01 (een minuut oor tien)
Sien ook Anagram
Eksterne skakels
Kategorie:Taalkunde Kategorie:Woordvorme