Daniel "Daan" Wepener Bekker (9 Februarie 1932 – 22 Oktober 2009) was 'n Suid-Afrikaanse bokser, wat 'n bronsmedalje tydens die Olimpiese Somerspele in Melbourne en 'n silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele in Rome verower het; beide in die Swaargewig afdeling.
Bekker se broers en hul suster het Suid-Afrika almal op die sportveld verteenwoordig; Martiens, Jaap en Dolf het vir die Springbokke uitgedraf.
Hul suster, Corrie Lategan, het Suid-Afrika op die atletiekbaan in diskusgooi en gewigstoot verteenwoordig.
Bekker was die Suid-Afrikaanse Swaargewig kampioen van 1955–1959 en in 1961.
Oorlede Bekker is oorlede op 18 Oktober 2009.Ron Jackson, SA super amateur passes Fightnews.com. Retrieved on 23 October 2009.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2009 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Olimpiese deelnemers