'n Tussenwerpsel, ook 'n ontladingswoord of interjeksie genoem, is 'n uitroep wat emosies/gevoelens uitdruk. So 'n tussenwerpsel kan gebruik word om emosies soos verskrikking, opgewondenheid of jammerte te beskryf.

Voorbeelde Die tussenwerpsel word in kursief aangedui: Ag foeitog, het jy jou vinger raak gesny? Aikôna, dit gaan nie gebeur nie! Aitsa! Dis darem 'n mooi verloofring! Eina! Dit is baie seer. Ga, dit stink! Hiert, jou spinnekop! Hoera! Ons gaan more met vakansie. Rêrig, kan dit waar wees? Sjoe, dis darem warm vandag!

Kategorie:Woordsoorte