Stefan Terblanche (gebore 2 Julie 1975 te Mosselbaai) is 'n oud-Springbokrugbyspeler wat in 37 toetse vir Suid-Afrika gespeel het. Terblanche het vir ’n tydperk die rekord gehou vir die meeste toetsdrieë in een toets, naamlik vyf. Hy het dit behaal in 'n toets teen Italië gedurende Junie 1999. Tonderai Chavhanga het die rekord tot ses verbeter gedurende 2005. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999 en Rugbywêreldbeker 2003.
Eksterne skakel
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners