Die Skotse Nasionale Party (SNP; Engels: Scottish National Party; Skots-Gaelies: Pàrtaidh Nàiseanta na h-Alba; Skots: Scottis Naitional Pairtie) is 'n sosiaal-demokratiese politieke party in Skotland wat die Skotse onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk nastreef.
Die SNP is in 1934 gestig en is sedert Winnie Ewing se baanbrekende oorwinning in die Hamilton-byverkiesing in 1967 ononderbroke in die Parlement van die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.
In die algemene Skotse verkiesing van 2007 het die SNP vir die eerste keer die sterkste politieke party in die Skotse parlement geword en 'n minderheidsregering onder leiding van Alex Salmond as Eerste Minister gevorm. Ná die volgende verkiesing in 2011 kon die SNP danksy 'n groot stemverskuiwing 'n meerderheidsregering vorm – die eerste sedert die heropening van die Skotse Parlement in 1999.
Die SNP is tans met 44 van altesaam 59 Skotse setels in die Britse Laerhuis verteenwoordig. Die SNP is daarnaas ook die sterkste politieke groepering in Skotland se plaaslike administrasie en vorm twaalf van altesaam 32 Council Area-regerings in koalisie met ander partye.
Verkiesingsresultate Algemene verkiesings Verkiesing # vanalgehele stemme % vanalgehele stemme # vanalgehele setels gewen +/– 1992 629 564 21,5 (Skotland) 3/72 (Skotland) 1997 621 550 22,1 (Skotland) 6/72 (Skotland) 3 2001 464 314 20,1 (Skotland) 5/72 (Skotland) 1 2005 412 267 17,7 (Skotland) 6/59 (Skotland) 1 2010 491 386 19,9 (Skotland) 6/59 (Skotland) 2015 1 454 436 50,0 (Skotland) 56/59 (Skotland) 50 2017 959 090 36,9 (Skotland) 35/59 (Skotland) 21 2019 1 242 380 45,0 (Skotland) 48/59 (Skotland) 13
Kategorie:Politieke partye in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Skotland