Twee woorde in dieselfde taal is 'n homograaf of ortografiese homoniem van mekaar as hulle op dieselfde manier geskryf word, maar totaal verskillende betekenisse, klankvorme en dikwels oorsprong het.Carstens, W.A.M. 2003. Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Vierde uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers, bl. 111.WAT: homograaf’ s.nw., homograwe. (taalkunde) Woord wat dieselfde spellingvorm as 'n ander woord (of woorde) in dieselfde taal het, maar in betekenis, klankvorm en gew. oorsprong daarvan verskil,Du Toit, P.J. 1986 (1991). Taalleer vir onderwyser en student. Tweede uitgawe, derde druk. Pretoria: Academica, bl. 202: 'n Homograaf is 'n woord wat dieselfde spellingvorm het as 'n ander woord (of woorde) in dieselfde taal, maar in betekenis en klankvorm daarvan verskil.
+ Homograwe Woord Uitspraak Herkoms ballas(waardelose las) bɑlɑs Uit Nederlands ballast, uit Middelnederduits ballast, waarvan die eerste lid terugvoer na die ou Germaanse woord bal (sleg) uit Oergermaans *balwa-. Moontlik ook 'n samestelling van die Sweedes bar (waardeloos) en last (vrag), wat ook in die Noorweegse dialekte en Ouddeens te vinde is.etymologiebank.nl s.v. ballast ballas(testes) bɑlɑs 1. Afleiding van bal 'testikel', moontlik omdat die manier waarop testikels in die skrotum geplaas word aan ballas herinner wat soms in mandjies gedra word.Cloete, A.E. & Van Wyk, G.J. 2003. Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Stellenbosch: WAT. s.v. 3ballas 2. Andersins die vorming soortgelyk aan die verskynsel brandewyn > *branne- > brannas (balle > ballas). edik(vloeistof) e:dək Uit Nederlands edik, in Oudnederlands etige en Middelnederlands edec (waarskynlik deur metatesis uit ouer ecid), uit Volkslatyn *atecum of *adecum ontleen; wat bestaan naas die Klassieke Latyn acētum ‘asyn’;etymologiebank.nl edik (azijn) edik(verordening) edək Uit Nederlands edict, uit Latyn ēdictum; ēdīcere (proklameer) uit ex- ‘uit-’ en die werkwoord dīcere ‘sê, spreek’etymologiebank.nl edict (proclamatie) forte(meervoud van militêre vestingwerk) fɔrtə Uit Nederlands, uit Frans fort (sterk), uit Latyn fortis (sterk, kragtig, moedig).etymologiebank.nl s.v. fort1 forte(sterk kant) "fɔr" (HAT)e-HAT 2009, s.v. forte Uit Nederlands (dát's nou juist zijn fort!), uit Frans forte (sterkste kant), uit Latyn fortis ‘sterk kant (van 'n persoon)’.etymologiebank.nl s.v. fort2 forte(musiekterm) fɔrte Uit Nederlands (bv. 1772, Bouvink), uit Italiaans forté uit Latyn fortis (sterk, kragtig, moedig)etymologiebank.nl s.v. forte gans(voël) xã:s Uit Nederlands, afkomstig uit Middelnederlands gans, wat vergelykbaar is met die Middelnederduitse gōs/gās, Oudhoogduits gans, Noord-Fries goes, guos, Oudengels gōs, Oudnoors gás en Goties waarskynlik gansus (indien die Spaanse ganso teruggewerk word, wat waarskynlik deur Visigoties beïnvloed is). Buiten Germaans is daar ook die ooreenkomste in Latyn ānser, Sanskrit hamsá-, asook in ander Slawiese tale.etymologiebank.nl gans (zwemvogel) gans(geheel) xɑns Uit Nederlands, wat in die Middelnederlands ontleen is uit Hoogduits ganz (geheel, volledig), miskien verwant aan die Gotiese gansjan (berei, klaarmaak)etymologiebank.nl gans (geheel) gesel(makker)Van der Walt, C.P., Van Aardt, C.P. & Eksteen, L.C. 1973. Taalkunde vir die middelbare skool: 9 + 10. Johannesburg: Voortrekkerpers, bl. 197 xəsɛl Uit Nederlands gezel, vergelykbaar met Oudhoogduits gisello ‘huisgenoot, vriend’ (Nieuhoogduits Geselle); waarskynlik ook iemand wat in dieselfde (Middelnederlands) sale / sele ('woning, paleis, eetsaal') sitetymologiebank.nl s.v. gezel gesel(slaanding, strafwerktuig) xe:səl Uit Nederlands gesel, vergelykbaar met Oudhoogduits geis(i)la ‘gesel, zweep’ (Nieuhoogduits Geißel) en Oudnoors geisli ‘stok, straal’ uit Oergermaanse *gais-ila-etymologiebank.nl s.v. gesel granaat(vrug) xrənɑɑt Uit Nederlands granaatappel of granaat, uit Middelnederlands pume ghernaten (granaatappels) uit Frans pume grenate of grenate (granaatappel) deur Noord-Italiaans pom granat, pum grana vir die algemeen-Italiaanse melo granato ‘granaatappel’ uit die Latyn mālum grānātum, wat letterlik ‘vrug met korrels’ (vrug met pitjies) beteken.etymologiebank.nl s.v. granaat granaat(wapen) xrɑnɑɑt (ook soms wel xrənɑɑt) Uit Nederlands, reeds in 1594 en 1627 in die Vroegnieunederlands as granaden, granaten opgeteken. Die naam vir die projektiel verwys inderdaad na die vorm en inhoud wat lyk op 'n granaatappel. Moontlik is die betekenis ontleen uit Hoogduits Granate (1600). hermitage(swart wyndruifsoort) hɛrmətɑ:ʃ Uit Engels hermitage (1680), vergelykbaar met die Franse vin de l'Hermitage,etymologiebank.nl s.v. hermitage uit die omgewing van Valence waar 'n vervalle kluisenaarshut (hermitage) 'n prominente plek beklee het.Boshoff, S.P.E. & Nienaber, G.S. 1967. Afrikaanse etimologieë. Pretoria: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, s.v. hermityk. hermitage(kluisenaarshut) hɛrmitɑ:ʃə Uit Nederlands hermitage of ermitage, uit Frans ermitage uit Middeleeuse Latyn (h)eremitagium (vergelyk hermiet, kluisenaar) kartel(snywerk, golwing) kɑrtəl 1. Uit Nederlands kartel, uit Middelnederlands kertelen ‘van fraiings voorsien’ en Vroegnieunederlands ‘kerf, van kartels voorsien’; dit hou waarskynlik verband met die Middelnederlandse cretten, Middelnederduits kratten en Middelhoogduits kratzen wat deur die r-metatese gevorm is. Dit beteken om te krap of kras.etymologiebank.nl s.v. kartel2 2. Hou verband met kabbel, golwing. kartel(handelsooreenkoms) kɑrtɛl Uit Nederlands kartel, uit Frans cartel uit Italiaans cartello (uitdagingsbrief) uit die verkleinwoord van carta (dokument, oorkonde), ontwikkel uit Latyn charta. Toe hierdie woord se betekenis waarskynlik verouderd geraak het, is 'n nuwe een ingeblaas deur die Duitse Kartell, nou die verdrag tussen ondernemers.etymologiebank.nl s.v. kartel1 kersie(vrug) kɛrsi Uit Nederlands kers, uit Middelnederlands keersen, uit Latyn cerasus, uit Grieks kérasos, wat waarskynlik 'n Anatoliese leenwoord is.etymologiebank.nl s.v. kers (vrucht) kersie(klein kers) kɛ:rsi Verkleinwoord van kers, uit Nederlands kaars, uit Middelnederlands kerse, ontleen uit die Oudhoogduits kerza. Verder vermoedelik uit Latyn cēra, wat verwant is aan Grieks kērós (was).etymologiebank.nl s.v. kaars kollege(onderwysinrigting) kɔlidʒ, kɔlitʃkol-lee-zje (HAT, vir bestuursliggaam)kol-liedz(HAT, vir tersiêre inrigting) Reeds in Middelnederlands word college gebruik om te verwys na 'n bestuursliggaam van 'n kerk (1363); later word meer gesekulariseerd verwys na 'n gilde of diensgenootskap. Daar heers onsekerheid of Nederlands uit die Frans collège ‘groep personen met hetzelfde gezag bekleed, met soortgelijke functies’ of Latyn collēgium ‘ambtgenootschap, genootschap, gilde’, as afleiding van collēga ‘ambtgenoot’ sou leen.