Die North Head-vuurtoring in Saldanhabaai is 'n 21 meter (70 voet) hoë ronde betontoring met 'n fokale vlak van 34 m (112 voet).PUB 113 List of Lights, Radio Aids and Fog Signals, Prepared and published by the National Geospatial-Intelligence Agency, Springfield, VA2011, pg444, besoek 24 Junie 2012 Dit is geverf met swart en wit spriaalbande en lewer drie wit flitse elke 20 sekondes.Lighthouses of Western South Africa, besoek 24 Junie 2012 Die vuurtoring staan op die noordelike oewer, by die ingang van Saldanhabaai-hawe. Dit is een van twee vuurtorings by die ingang van die hawe. Die ander toring is die South Head-vuurtoring aan die suidelike kant van die hawe-ingang. Die reguit lyn tussen die twee vuurtorings is die amptelike aankomslyn vir skepe wat die hawe binnegaan.SA Venues – North Head Lighthouse (Saldanha Bay), besoek 24 Junie 2012
Geskiedenis Die eerste vuurtoring by North Head, Saldanhabaai, wat in 1939 opgerig is, was 'n gaslantern met 'n mishoring wat op 'n vierkantige betonpilaar gemonteer was. Dit was voldoende om klein vissersbote in en uit Saldanhabaai-hawe te begelei, maar namate groter skepe die hawe begin gebruik het vir die uitvoer van ystererts, was dit nodig om die vuurtoring op te gradeer.
In 1969 is die vuurtoring opgegradeer na 'n 21 meter hoë tralietoring met 'n elektriese lig. Die tralietoring is in 2005 vervang met die huidige betontoring.
Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika