Die South Head-vuurtoring in Saldanhabaai is 'n 22 meter (75 voet) hoë, ronde betontoring met 'n fokale vlak van 35 meter (115 voet).PUB 113 List of Lights, Radio Aids and Fog Signals, Prepared and published by the National Geospatial-Intelligence Agency, Springfield, VA2011, pg445, besoek 24 Junie 2012 Die boonste helfte is 'n diep geel en die onderste helfte wit.
Die toring lewer vier wit flitse elke 30 sekondes.Lighthouses of Western South Africa, besoek 24 Junie 2012 Dit staan op die suidelike oewer, by die ingang van Saldanhabaai-hawe. Dit is een van twee vuurtorings by die hawe-ingang. Die ander een is die North Head-vuurtoring aan die noordekant van die ingang. Die reguit lyn tussen die twee vuurtorings is die amptelike aankomslyn vir skepe wat die hawe binnegaan.SA Venues – North Head Lighthouse (Saldanha Bay), besoek 24 Junie 2012
Geskiedenis Die voorganger van die huidige betontoring was 'n 21 m hoë tralietoring wat in Desember 1969 in gebruik geneem is.SA Venues – South Head Lighthouse (Saldanha Bay), besoek 24 Junie 2012 Die huidige betontoring is op 7 Desember 2000 in gebruik geneem.COMET Corporation – South Head – Saldanha Bay, besoek 24 Junie 2012
Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika