Die Driehoek (Latyn: Triangulum) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim en moenie verwar word met die Suidelike Driehoek nie. Die naam kom van die drie helderste sterre, met ’n helderheid van 3 of 4 mag, wat ’n nou driehoek vorm. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe Die Driehoek het geen sterre wat ’n helderheid van 1 mag het nie. Sy helderste ster is die wit reusester Beta Trianguli (β Tri) van 3 mag. Die tweede helderste is die geel-wit subreus Alpha Trianguli (α Tri, ook bekend as Caput Trianguli) van 3,41 mag. Die derde ster, 6 Trianguli, is ’n dubbelster met ’n merkbare kleurkontras wat deur ’n medium-groot teleskoop in ’n sterk geel en dowwe blou ster geskei word. Albei dié sterre is self ook dubbelsterre.Robert Burnham, Jr (1978). Burnham's Celestial Handbook, Dover Publications, New York.

Die Driehoek-sterrestelsel, ook bekend as Messier 33, wat in die 1600's deur Giovanni Battista Hodierna ontdek is, is sowat 2,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Teen ’n helderheid van 5,8 mag kan dit op ’n baie donker nag met die blote oog gesien word. Dit het ’n deursnee van 46 000 ligjare en is dus kleiner as die Melkweg. Die sterrebeeld bevat ook verskeie ander, dowwer sterrestelsels.

Sien ook Suidelike Driehoek

Verwysings

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Triangulum The clickable Triangulum Star Tales – Triangulum

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia