Die South Sand Bluff-vuurtoring is 'n 10 m (33 voet) hoë, ronde wit betontoring met 'n galery en 'n aangrensende steengebou. Die toring het 'n fokale vlak van 75 m (246 voet) en lewer 'n wit flits elke 10 sekondes. Die nuwe betontoring het die oorspronklike 21 m hoë tralietoring vervang wat in 1931 opgerig is.Lighthouses of Eastern South Africa , besoek 20 Junie 2012 Die toring is geleë naby die Msikabariviermond in die Oos-Kaap.
Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika
Bronne PUB 112 List of Lights, Radio Aids and Fog Signals, Prepared and published by the National Geospatial-Intelligence Agency, Springfield, VA2011, pg533
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika