duimnael|links|Pietermaritzburg-kampus Die Universiteit van KwaZulu-Natal of UKZN is 'n universiteit met vyf kampusse wat almal in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika geleë is. Die universiteit is op 1 Januarie 2004 gestig nadat die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het. Tydens die apartheidsjare is die Universiteit van Natal vir blanke persone en die Universiteit van Durban-Westville vir persone van Asiatiese oorsprong gebruik.

Geskiedenis Die Natalse Universiteitskollege is in 1910 in Pietermaritzburg gestig. Die kollege gee onderwys en grade namens the Universiteit van Suid-Afrika. In 1931 is die Howardkollegegebou in Durban ter ere van Howard Davis, wie in die Slag van die Somme gesneavel het, geopen, in 1946 is 'n fakulteit landbou in Pietermaritzburg deur die Suid-Afrikaanseregering goedkeur en in 1947 'n Medieseskool vir nie-blanke studente goedgekeur.

In 1949 het die kollege 'n oktrooi ontvang waaronder dit universiteitstatus verkry het en bekend gestaan ​​het as die Universiteit van Natal.

Onder die Apartheidsregime is die Universiteitskollege vir Indiërs in 1960 op Salisbury-eiland in Durbanbaai vlakby die Durban-hawe gestig. In 1971 is universiteitstatus aan die kollege toegeken en die volgende jaar is dit na die Universiteit van Durban-Westville herdoop en na sy kampus is na Westville verskuif. Kolleges Die universiteit het vier Kolleges wat in Skole onderverdeel is. Die kolleges is: Kollege van Geesteswetenskappe (Humanities) Kollege van Landbou, tegniek en natuurwetenskappe (Agriculture, Engineering and Science) Kollege van Geneeskunde (Health Sciences) Kollege van Bestuur en Regsgeleerdheid (Law and Management Studies)

Fakulteite Die universiteit is verder in die volgende fakulteite onderverdeel: Howard Kollege-kampus, Durban Pietermaritzburg-kampus, Pietermaritzburg Westville-kampus, Westville Nelson Mandela Mediese Skool, Durban Edgewood-kampus, Pinetown

Noemenswaardige alumni John Smit, 51ste kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan. Imani Sanga, komponis en etnomusiekoloog Lize Heerman, sangeres en mediapersoonlikheid Gita Ramjee, wetenskaplike en navorser in MIV-voorkoming Ncoza Dlova, eerste swart dermatoloog afgestudeer aan die universiteit Mondo Mazwai Nokwanda Makunga, biotegnoloog

Universiteit van Natal Steve Biko, anti-apartheid aktivis Tommy Bedford, rugbyspeler en anti-apartheid aktivis Johannes van Staden, wêreldberoemde botanikus Shaun Pollock, krieketspeler

Sien ook Lys van universiteite in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

UKZN se amptelike webtuiste

Kategorie:KwaZulu-Natal KwaZulu-Natal