Die hardepeer (Olinia ventosa) is 'n boom wat voorkom in woude by lae hoogtes bo seespieël in die Oos- en Wes-Kaap, vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Oos-Londen. Die boom groei vinnig. Die bas is liggrys, skilfer dikwels af naby die basis van die stam en onthul dan 'n pienk-oranje binnebas. Die vrug word rooi wanneer dit ryp is en is ongeveer 10 mm in deursnee. Die naam van die boom verwys na die hardheid van die hout en nie die vrug nie. Die hout is liggeel tot grysbruin, het 'n fyn grein en egalige tekstuur.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
ventosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika