Die keurboom (Virgilia oroboides) is 'n boom wat aangetref word tussen Tafelberg en die Van Stadenspas naby Port Elizabeth. Dit is 'n geronde, middelgroot boom met 'n yl loof. Die blare is saamgestel uit lang, smal blaartjies wat elk 'n fyn, haaragtige puntjie het. Die kleur wissel, van ligte pers tot 'n diep, sagte pienk. Die Keurboom is 'n besondere mooi endemiese boom. Die Keurboomsrivier en Keurboomstrand, net noord van Plettenbergbaai, is na die boom vernoem. Die boom is deel van die fynbos.
Die boom het twee subspesies: Virgilia oroboides subsp. ferruginea B.-E.van Wyk Virgilia oroboides subsp. oroboides
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Virgilia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika