'n Helder reus is 'n ster met 'n ligsterkteklas van II. Hulle lê tussen reusesterre en superreuse op die Hertzsprung-Russell-diagram. Hulle kan van enige spektraaltipe wees.
Van die bekendste helder reuse is: Epsilon Canis Majoris (Adhara), ’n blou-wit B-tipe Gamma Ursae Minoris (Pherkad), ’n wit A-tipe Theta Scorpii (Sargas), ’n wit F-tipe Beta Capricorni (Dabih), ’n geel-wit G-tipe Alpha Hydrae (Alphard), ’n oranje K-tipe Alpha Herculis (Rasalgethi), ’n rooi M-tipe
Kategorie:Stertipes