__NOTOC__ duimnael|links|Kiaathout

Die kiaat (Pterocarpus angolensis) is 'n bladwisselende boom wat inheems is aan boomveld suidwaarts van die ewenaar in Afrika. Dit aard in bosryke grasveld met goed gedreineerde bodem en 'n jaarlikse reënval van 500 mm of meer. Die kenmerkende peule is 9 tot 10 cm in deursnee en die saadkassie is met harde borselhare van tot 1,3 cm lank bedek. Dit word hoog as meubelhout aangeslaan. Die taai bloedrooi gom is al in farmaseutiese middels en as kleursel gebruik.

Die boom se FSA-nommer is 236.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.

Verspreiding Die boom is inheems aan Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Republiek die Kongo, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika word dit is KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aangetref.

Die kiaat is gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes achaemenes achaemenes.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Pterocarpus Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe